Visit Wellington

  • 104 Main Road
  • Wellington, South Africa
  • 7655
  • SOUTH AFRICA
  • +021 864 1378
PUBLIC PROFILE

A CELEBRATION OF ARTS AND CULTURE AT BREYTENBACH CENTRE

Posted by Sunè Samuels on 02 August 2019 9:10 AM CAT
Default user photo

Die geskiedkundige Breytenbach Sentrum is die plek om te wees vir kuns- en kultuurliefhebbers.  Die sentrum vier die verskeie kunsvorms met uitstallings, boekvoorlesings en selfs gesellige wynproesessies.  Hou ook ons webblad dop vir die program van die gewilde Tuin van Digters.

The historic Breytenbach Centre is a haven for lovers of art and culture.  The centre celebrates the various genres with exhibitions, book discussions and even fun wine tastings.

Tuin van Digters 2019 

Die agtste jaarlikse Tuin van Digters, die tuiste van die Afrikaanse digkuns en vlagskipprojek van die Breytenbach-sentrum, vind op 13 en 14 September 2019 plaas. Breyten Breytenbach, wat op 16 September sy 80ste verjaardag vier, sal gehuldig word, Die Ingrid Jonker-prys vir ’n Afrikaanse debuut digbundel word ook by die Tuin van Digters deur haar dogter Simone Garcia Marques aan die wenner oorhandig word. Vanjaar se tema van die Tuin van Digters – (aan)dadig, is ’n skerpskepping van Breyten self (‘Ons is nie skuldig nie, ons is (aan)dadig’). Teken solank die datum aan en kry jouself gereed vir nuut doen, anders doen, oopkop doen, (aan)dadig wees. Die program sal op 8 Augustus bekendgemaak word.

RUNNING with WOLVES-uitstalling

Tot 15 Augustus:

Die Groepuitstalling, RUNNING with WOLVES, wat op Saterdag 27 Julie in die Breytenbach-galery in Burgerstraat 14 in Wellington deur dr. Amanda Swart geopen is, kan nog tot 15 Augustus gesien word. Kunstenaars wie se werke gesien kan word, is Gerhard Cloete, Carla Botes, David Griesel, Carin Bester, Susan Smuts en Anina Deetlefs. Die galery is van Maandag tot Vrydag van 09:00 oop en op ’n Saterdag van 09:00 tot 13:00. Kontak vir Anne-Ghrett by galery@breytenbachsentrum.co.za of 021 864 2988 vir besonderhede.

Jan van Tonder en Die verevrou by Boekklub

15 Augustus:
Die gewilde skrywer Jan van Tonder praat met Johann Nel by die Breytenbach-boekklub oor sy jongste boek, Die verevrou. Die gesprek is om 18:30 vir 19:00 in Die Bôrdienghuis by die Breytenbach-sentrum. Dit kos R30 per persoon en sluit wyn en ligte eetgoed in. Bespreek by 084 501 0355 / 021 873 7376 of thebooktraders@gmail.com

 

Twee skrywers, twee boeke by Boekklub

22 Augustus:
Izak de Vries praat by die Breytenbach-boekklub met twee skrywers oor hulle boeke. Hulle is André Kruger, skrywer van ’n Redelike hoeveelheid moeilikheid, en Hannes Marais, skrywer van Halley se komeet. Die gesprek is om 18:30 vir 19:00 in Die Bôrdienghuis by die Breytenbach-sentrum. Dit kos R30 per persoon en sluit wyn en ligte eetgoed in. Bespreek by 084 501 0355 / 021 873 7376 of thebooktraders@gmail.com

Maandelikse proe van Wellington se wyne

28 Augustus:

Die gewilde maandelikse gesellige wynproe wat deur die Breytenbach-sentrum en die wynkelders van die Wellington-wynroete aangebied word, vind op Woensdag 28 Augustus by die Sentrum in Burgerstraat 14 plaas. ’n Musikant op die buiteverhoog sorg vir ’n gesellige kuieratmosfeer en heerlike pizza’s kan ook gekoop word. Kom ontspan en kuier heerlik by die tafels en stoele onder die bome voor Die Bôrdienghuis. Die gewone laatmiddag/vroegaand-byeenkoms duur van 16:00 tot 20:00 plaas. Kaartjies vir ’n glas en wynproeë kos R50 per persoon.

 

Sophia Kapp praat oor haar boek Kantelpunt

29 Augustus:
Kom luister wanneer Sophia Kapp by die Breytenbach-boekklub oor haar besondere boek, Kantelpunt, gesels. Die naam van die gesprekleier sal later bekend wees. Die gesprek is om 18:30 vir 19:00 in Die Bôrdienghuis by die Breytenbach-sentrum. Dit kos R30 per persoon en sluit wyn en ligte eetgoed in. Bespreek by 084 501 0355 / 021 873 7376 of thebooktraders@gmail.com

 

Visit the Breytenbach Cultural Centre

Don’t miss out:

The Breytenbach Cultural Centre, situated in the house in 14 Burger Street in Wellington where the South African poet and artist Breyten Breytenbach grew up, is open daily, except on public holidays and Sundays. Hours are from 8:30 to 17:00 on weekdays and from 9:00 to 13:00 on Saturdays. Visit the gallery, the gallery shop, the bookshop and the poets’ garden. Buy a gift in the gallery shop upstairs or in the coffee shop downstairs where you can enjoy a cup of coffee and something to eat.  More information available at www.breytenbachsentrum.co.za, 021 873 2786, facebook and twitter.

 

There are no comments

Sign in to add your comment.

Recent Posts

WINTER WARMERS AT OUDE WELLINGTON RESTAURANT
Oude Wellington restaurant is the perfect winter destination for food lovers. Menu options vary...
read more
A CELEBRATION OF ARTS AND CULTURE AT BREYTENBACH CENTRE
Die geskiedkundige Breytenbach Sentrum is die plek om te wees vir kuns- en kultuurliefhebbers. Die...
read more
WELLINGTON’S VERY OWN “PLAAS MARK”
read more
BEHOLD ARTS AND CULTURE
read more
WELCOMING WINTER WITH WARM MENUS
read more
WARM WINTER ACCOMMODATION SPECIALS IN WELLINGTON
From ultra-luxury establishments to a glamping site on a wine farm, Wellington has accommodation...
read more
How to spend 2 days in Paarl and Wellington this winter (by Sarene Kloren)
Winter is the perfect time to visit the Cape Winelands towns of Paarl and Wellington.
read more
NEW KIDS ON THE BLOCK IN PAARL AND WELLINGTON WILL WOW YOU THIS WINTER
There is no better time to visit the glorious towns of Paarl and Wellington than during the cold...
read more
WINTER IN THE WINELANDS AND A FIREPLACE OR THREE
Warm up in Paarl and Wellington this winter by visiting some of our venues that will welcome you...
read more
WELLINGTON WOWS THIS WINTER
Tucked in the valley below the majestic Hawequa Mountains is the rural village of Wellington in the...
read more

Go to blog